Lineêre funksies

Hierdie funksies staan ook bekend as reguitlyn funksies.

Vaardighede

Vaardighede wat bemeester moet word:

  • Skryf lineêre vergelykings in die standaard (algemene) vorm
  • Bepaal die gradiënt as:
    • Enige twee punte op die lyn gegee is
    • 'n Eweydige lyn gegee is
    • 'n Loodregte lyn gegee is
  • Bepaal die vergelyking van 'n reguit lyn as:
    • Twee punte word gegee
    • Die -afsnit en 'n ander punt is gegee
  • Skets die reguitlyngrafiek op die volgende metodes:
    • Tabel metode
    • Afsnit metode
    • Gradiënt--afsnit metode
  • Bepaal of:
    • Twee lyne ewewydig is
    • Twee lyne loodreg is
    • Meer as twee punte kolineêr is
  • Berekening van koördinate:
    • Bepaal die -koördinaat as -koördinaat gegee is
    • Bepaal die -koördinaat as -koördinaat gegee is
  • Bereken lengtes tussen:
    • Punte wat horisontaal langs mekaar lê
    • Punte wat vertikaal onder mekaar lê
    • Punte diagonaal van mekkar lê (Pythagors)

Algemene vorm

Die algemene vorm van die lineêre funksie word gegee deur:

Algemene vorm

waar:

  • die gradiënt is, en
  • die -afsnit is.

Die gradiënt

Ons noem die gradiënt ook die helling. Dit sê vir ons hoe styl die funksie is tussen enige twee punte wat op die funksie lê.

Gradiënt

waar en enige twee punte op die reguitlyn is.

Ewewydige lyne

Wanneer twee lyne ewewydig (parallel) is, is die gradiënte gelyk. D.w.s. as en onderskeidelik die gradiënte van twee ewewydige reguitlyne is, geld dit dat .

Loodregte lyne

Wanneer twee lyne loodreg op mekaar is, is die produk van die gradiëte gelyk aan . D.w.s. as en onderskeidelik die gradiënte van twee loodregte reguitlyne is, geld dit dat .

Kolineêr

Wanneer meer as twee punte kolineêr is, lê al die punte op dieselfde reguitlyn. Indien , en drie punte is wat kolineêr is, geld dit dus dat die gradiënte tussen al die punte gelyk is aan mekaar.

Afsnitte

y-afsnit

Stel en los dan op vir . Die -afsnit word ook gegee deur die waarde van as die funksie in standaard vorm is.

x-afsnit

Stel en los dan op vir .

Definisieversameling

Hierdie versameling verteenwoordig die "inset"-waardes en word op die -as afgelees. Daar is in die algemeen geen beperking op die definisieversameling nie.

Waardes kan egter in spesifieke gevalle tot 'n gegewe interval beperk word.

Waardeversameling

Hierdie versameling verteenwoordig die "uitset"-waardes en word op die -as afgelees. Daar is in die algemeen geen beperking op die waardeversameling nie.

Waardes kan egter in spesifieke gevalle tot 'n gegewe interval beperk word.

Spesiale gevalle

Horisontale lyne

Wanneer 'n reguitlyn ewewydig aan die -as is, is die gradiënt nul.

en dus is

waar ook die -afsnit is

Vertikale lyne

Wanneer 'n reguitlyn ewewydig aan die -as is, is die gradiënt oneindig styl.

en dus is

waar ook die -afsnit is